Suid-Afrika se nommer een musiekfees Liefde by die Dam was vanjaar in April vir die eerste keer weer sedert 2020 in Johannesburg en Kaapstad aangebied. Kaartjies vir beide konserte het so vinnig uitverkoop, dat die organiseerders besluit het om dié gewilde dag-fees weer in die tweede helfte van die jaar aan te bied. “Veral noudat al die Covid19 regulasies daarmee heen is,” verduidelik Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties en ook een van die organiseerders. “Ons het met die vorige twee konserte vroeër vanjaar gesien dat mense `n behoefte het om lekker te kuier en weer epiese konserte te ervaar.  Die gevoel van samehorigheid was aansteeklik. Daarby saam is daar tans soveel great kunstenaars op ons land se verhoë, ons wil nog baie van ons bestes op die Liefde verhoog kry.”

`n Tweede konsert wat op 14 Augustus by Emmarentia Dam in Johannesburg aangebied word het binne `n paar dae na die aankondiging uitverkoop.

Kaapstad kry ook nou weer `n beurt! Kaartjies vir die volgende Liefde by die Dam by Meerendal in die Wes-Kaap op Saterdag 12 November 2022 is nou beskikbaar. Greeff sê: “Ons is baie bly is om die fees te kan aanbied op die skaal wat dit moet wees: “Liefde is bekend daarvoor dat dit `n groot dag is, met groot name op `n groot verhoog voor `n groot skare. Ons kies kunstenaars wat ons wéét die verhoog behoorlik sal laat vlamvat. Die hele span werk hard daaraan om alles uit te haal vir `n onvergeetlike partytjie!”

Die gewilde komediant en akteur Schalk Bezuidenhout is weer die seremoniemeester. Bezuidenhout wat ons met sy “Feeling good, feeling positive!” sosiale media inskrywings sedert die grendeltydperke in 2020 begin het vermaak, is al `n legende op die Liefde verhoog.

Die Program vir die dag:

09h00 – Jack & June

09h30 – Eloff

10h00 – Biggy

10H30 – Verrassing!

11h15 – Tarryn Lamb

12h00 – Verrassing!

12h40 – Will Linley

13h25 – Robbie Wessels

14h15 – Neon Dreams

15h00 – Karen Zoid

15h50 – Snotkop

16h30 – Die Heuwels Fantasties

17h20 – Early B

18h05 – Francois van Coke

Meer inligting en kaartjies by: http://www.liefdebydiedam.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply