Op 16 Junie vanjaar vier Johannesburg se asemrowende Emmarentia-dam Suid-Afrika se jeug met ’n pragtige dag vol musiek langs die dam. Hierdie voldag-familiegeleentheid, JacarandaFM-musiekervaring, verwelkom musiekliefhebbers van alle ouderdomme.

Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, streef daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien.

Sluit aan by Die Heuwels Fantasties, bekend vir hul unieke musiek en energieke optredes, op Jeugdag. Saam met Die Heuwels op die verhoog is die ikoniese hoofsanger van die legendariese Suid-Afrikaanse rockgroepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, Francois van Coke, wat sy nommereen-debuutalbum in 2015 vrygestel het.

Terwyl jy luilekker onder die digte bome by Emmarentia lê, sal Theuns Jordaan jou bekoor met sy sang. Bygevoeg tot hierdie uitstekende lys van kunstenaars, is Valiant Swart, wat gehore op ’n reis neem met sy blues-kitaar en bekfluitjie.

Om hierdie ongelooflike dag van vermaak af te rond, is daar ook die Sama-benoemde groep Blackbyrd, Suid-Afrika se nuutste opkomende ster Brendan Peyper en Jozi-gunsteling Majozi, met treffers vanaf sy splinternuwe album.

Vir jou dag by die dam sal daar ’n heerlike rits van Suid-Afrika se beste kosstalletjies teenwoordig wees. Bring jou eie piekniekmandjie en kombers vir die perfekte viering van jeugdigheid en musiek.

Datum: 16 Junie 2016
Tyd: 10:00-17:00
Plek: Emmarentia-dam, Johannesburg
Kaartjies: R160 Aanlyn / R460 VIP

Liefde by die dam 2016
Liefde by die dam 2016
Liefde by die dam 2016
Liefde by die dam 2016

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar