Lights … Camera … Action!

Na hul eerste speelvak in 2014, Is It Musical?, waarin die Klein Libertas Teaterkoor hul eie stempel afgedruk het op musiek uit musiekblyspele, gaan hulle voort met dié tema deur vir hul tweede speelvak musiek uit rolprente uit te beeld.

Soos gewoonlik, is die koor se benadering tot musiek onvoorspelbaar en interessant. Selfs wanneer die gehoor weet watter musiek op die program verskyn, word dit op ‘n onverwagte en onvoorspelbare wyse opgedis. Lights … Camera … Action! bevat al die elemente van teater en hierdie keer, ook rolprent elemente. Die gehoor word ook betrek by die proses.

Die Klein Libertas Teater Koor nooi u uit: “Kom ons maak ‘n movie!”.

Lewer kommentaar

Leave a Reply