“Lockdown Blues” is ’n liedjie geskep en opgeneem deur die Bottom Barrel Blues Band – ’n samekoms van Suid-Afrika se bekendste blues- en folk-musikante. Die snit is in isolasie opgeneem deur die betrokke kunstenaars gedurende die staat van inperking tydens die 2020 Covid-19 pandemie. Dit is vervaardig deur die Cape Town Music Academy (CTMA) , ’n nie-winsgewende maatskappy wat geleenthede skep vir plaaslike, kontemporêre musikante.
Getrou tot die blues-genre, is “Lockdown Blues” ’n opbeurende, bittersoet deuntjie wat die uitdagings van Suid-Afrikanders se nuwe realiteit binne ’n grendelstaat van nader beloer. Die lied is ’n ondeunde ode aan die lockdown-lewe in tipiese blues pastiche.
Liriekskrywer, Nico McLachlan, ook voorsitter van die CTMA, vertel meer oor die inspirasie agter die liedjie: “ Ek wou graag dat mense weet dit is okei om die blues te kry gedurende inperking. Ek wou nie welbedoelde raad van die hand wys oor hoe om positief te bly nie – “sien die silwer randjie” en “daar is lig aan die einde van die tonnel”, jy weet, daardie tipe hoop is ewig. Maar om ’n blues liedjie te skryf, is wel een manier om ’n treetjie of twee voor daardie swaar, ou blues-gevoel te bly.”
Hoofsanger en mede-liriekskrywer, Robin Auld, was opgewonde oor die idee van die projek en het inspirasie gevind vir sy lirieke vanuit sy eie inperking-ervaring: “ Musikante bring elk geval baie van hul tyd deur by die huis, so dalk is ons beter geskik vir die situasie, en baie vind hierdie geforseerde opsluiting wel ‘n tyd vir kreatiewe inspirasie. Boonop geniet ek dit altyd om saam met Schalk Joubert en Kevin Gibson te werk, so dit was fantasties om betrokke te wees by die projek.”
Gedurende die Covid-19 pandemie het baie musikante ’n skerp daal of totale stilstand in inkomste ervaar weens die verbod op publieke byeenkomste. Maar ten spyte van die uitdagings, vind musikante tog altyd ’n manier om hulself uit te druk, hul kuns te beoefen en saam te werk. Schalk Joubert, Musikale Regisseur van CTMA en baskitaarspeler op die lied, verduidelik dat CTMA fokus daarop om opvoergeleenthede vir musikante te skep oor ’n verskeidenheid musiekgenres: “ Gedurende inperking het ons gekyk na ons beskikbare aanlyn-platforms om daar aan te hou om vir plaaslike musikante opvoergeleenthede te bied wat ook so ’n inkomste vir hulle kan inbring.”
Die CTMA moedig musiekliefhebbers aan om steeds hul gunsteling, plaaslike musikante te ondersteun deur hul albums te koop, hul aanlyn-initiatiewe te ondersteun of om finansiele donasie te maak waar moontlik. Vir meer informasie omtrent donasies ter ondersteuning van musikante, kontak Cape Town Music Academy by info@ctma.co.za.
The Bottom Barrel Blues Band:
Robin Auld (sang, kitaar, bekfluitjie), Steve Walsh (sang), Schalk Joubert (baskitaar), Simon Orange (sang, klavier), Mauritz Lotz (kitaar), Tonia Möller (sang), Willem Möller (kitaar) en Kevin Gibson (tromme). Lirieke deur Nico McLachlan, Robin Auld, Simon Orange. Musiek deur Robin Auld.
