Moedersdag met Frieda van den Heever in Ma, ek skryf vir jóú …

Die een ding wat ons almal in gemeen het, is dat ons ‘n ma hét of een ís. As jy wil lag saam met jou ma, wil huil oor jou ma, wil dankie sê vir jou ma …

Frieda van den Heever bring op 10 Mei haar eie songs, ‘n paar covers, gedigte en stories spesiaal vir Moedersdag. Hierdie middagshow is nie net vir vrouens wat kinders in die wêreld gebring het nie, maar vir almal wat iets of iemand mother. Die tannies, die “uitkykanties”, die juffrou, die boss lady wat daagliks lewe gee aan idees en besluite. Dis ook nie net vir vrouens nie, maar vir almal wat iets van die vroulike krag en kwesbaarheid wil eer, wat wil sê, “Ek aanvaar jou nie as vanselfsprekend nie.”

Moenie net blommetjies en cute kaartjies gee of hier verwag nie – She contains multitudes! Dink Brandi Carlile, Sinéad O’ Connor, Amanda Strydom, Antjie Krog wat op ‘n moe(de)rse rots staan …

Sondag, 10de Mei 2026 om 14:00 (Deure open om 13:30)

Kaartjies R250 en beskikbaar by 021 979 1911

Lewer kommentaar

Leave a Reply