Nee, Madonna lyk net soos Barbara Ray op die omslag van Music. Sy het nie besluit om nou country te doen nie. Op Music sit sy die tradisie van Ray of Light voort. Die musiek op die album is glad nie sleg nie, maar die lirieke is soms vaag en niksseggend. Nie een van haar beter albums nie. Dalk is dit nou tyd dat die materialistiese meisie iets nuuts aanpak.
5 op ‘n skaal van 10
