Boogie Nights

Die Johannesburgse Idols finalis Ayanda Nhlangothi se lewe het onherroeplik verander na die aankondiging dat sy deel uitmaak van die Suid-Afrikaanse rolverdeling van die langste West End musiekblyspel Boogie Nights!

Boogie Nights, terug op publieke aanvraag, is nou selfs groter en meer skouspelagtig as tevore. Ayanda vertolk die rol van die sensitiewe diva Lorraine terwyl die jeugdige Mark Jones die rol van die onweerstaanbare Roddy vertolk.

Disco treffers uit die jare 70 soos YMCA, Disco Inferno, I Will Survive en Play That Funky Music, sorg vir die nostalgie.

Boogie Nights word aangebied deur Qdos International Limited in samewerking met Jacaranda 94.2fm en M-Net.

 

skrywer: Claire Pacariz

Lewer kommentaar

Leave a Reply