Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Met hul nuwe album Maroon toon Barenaked Ladies dat hulle uiteindelik groot geword het. Die temas van die album is meer sinvol, die musiek is vol lewe en is na sorgvuldige beplanning aanmekaar gesit.
Plek plek dreig Maroon om plat te val as gevolg van teatrale neigings, maar bly uiteindelik staan as ‘n versameling juweeltjies.
7 op ‘n skaal van 10
