25 Vroue

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Frank Opperman is terug met sy skreeusnaakse eenhond comedy show oor die huwelik getiteld 25 Vroue. In Januarie moes Die Blou Hond honderde gretige honde wegwys en was al vier shows oorstampvol. Hier is weer ´n kans. Dit beloof om selfs die suurste hond te laat lag. Beter en goedkoper as anti-depressante.

Frank Opperman is Colin Le Rich, die man wat glo trou is koning en net nie “nee” kan sê daarvoor nie. By Aardklop kon gehore net nie genoeg kry van 25 Vroue nie (Colin Le Rich se skreeusnaakse storie oor sy 25 huwelike) waar alle vertonings uitverkoop was.

Frank Opperman is nie alleen ´n bekende gesig op Suid-Afrikaanse televisie nie, maar het sy loopbaan begin as liedjieskrywer en sanger. Opperman was deel van Koos K. se punkgroep Koos en het sy eie band gestig onderwyl hy militêre diensplig moes voltooi. Frank kan 14 vollengte films, sowat 10 TV-reekse, 9 teaterproduksie en twee solo albums agter sy naam skryf. Vir sy mees onlangse album Serial Boyfriend het Frank die kundigheid van Barry van Zyl, Concord Ncabinde, Anton L´Amour en Michael Maxwell nader gesleep. Die groep verwys na hulleself as Prime Time Addiction.

Met ligte en humoristiese ondertone, is Serial Boyfriend Opperman se ernstigste musikale aanbieding tot op datum.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar