Mathys Roets en Anna Davel bring met hierdie vertoning van hulle mooiste liedjies saam in een saamkuier vertoning met stories van treine, verlore liefde, nostalgie en blou oseane.
Daar word natuurlik ʼn heel nuwe kleur gegee aan die oorspronklike Afrikaanse musiek van elkeen se onderskeie albums (o.a. “Fluister”, “Te lank al”, “In my lewe” en “Die gypsy in jou oë”).
Meer bekende liedjies word verwerk as duette, en die gehoor kan uitsien na die warm klanke van Roets se diep stem saam met Davel se meer liriese aanslag in die musiek van o.a. Roger Whittaker, Koos Kombuis, Via con Dios, Coenie de Villiers, Leonard Cohen, Neil Diamond en Lucas Maree.
Met Jaconell Mouton op klavier.
By die Boer restaurant teater in Durbanville 24, 25 Junie om 20:30 en Sondag 26 Junie om 14:00. Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
