Jak de Priester bring ‘n nuwe vertoning na teaters in 2021 getiteld Jak de Priester – Meer of minder.
Die sanger/ liedjieskrywer bring 14 liedjies uit sy pen met temas van hoop, liefde, inperking en ook die komiese kyk na die hoe die wêreld oornag verander het in 2021. Die gehoor na uitsien na nuwe liedjies met titels soos ‘Sterre bots’, ‘Eerste liefde’, ‘My broer se bril’ en ’21 Dae’.
Dit is ‘n volrondekonsert met diep stories, snaakse stories, splinternuwe liedjies en ‘n emosionele reis deur die lewe.
In hierdie vertoning is Jak de Priester alleen op die verhoog agter die klavier.
Drostdy Teater, Stellenbosch
Saterdag, 9 Oktober 2021, 19h00