Met Stem en Snaar is ‘n nuwe vertoning aangebied deur Johan Liebenberg, bekend vir sy puik vertolking van die legende, Neil Diamond se tydlose liedjies, en die kitaar virtuoos, Mauritz Lotz, wat bekendheid verwerf het vir sy ongelooflike kitaarspel. Saam gaan hulle ‘n onvergeetlike aand aanbied waar elkeen sy musikale sterkpunte gaan tentoonstel. Johan gaan van sy gunsteling liedjies sing, soos “Cry to Me”, “Bird on A Wire”, “Sometimes We Cry”, “Stuck on You”, “Like A Rock”, “I’ve Been This Way Before”, asook ‘n paar van sy eie liedere, soos “Die Gebed”, en “Ek Wil Jou By My Hê” en ook een of twee bekende Afrikaanse liedjies.

Mauritz gaan die weergawes verwerk om hulle hoendervleis mooi te maak vir die gehoor. Daar gaan een of twee instrumentele solos op sy kitaar wees, wat jou asem gaan wegslaan. Let wel, daar is geen ‘backtracks’ nie! Kom geniet musiek wat die hartsnare gaan roer en jou sal laat vergeet van alledaagse probleme en uitdagings.

Met Stem en Snaar
Met Stem en Snaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply