Nianell bring haar splinternuwe vertoning, Mooi, na die Kaap op Sondagmiddag die 13de Julie 2025 by Die Boer teater restaurant in Durbanville. Deure maak om 11h30 oop en die vertoning begin 14h00. Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
Hierdie veelsydige musiekikoon het geen bekendstelling nodig nie. Met geliefde treffers soos “Who Painted The Moon Black?”, “Life’s Gift”, “I Hold The Sun”, “How Beautiful Love Can Be” en “Die Oomblik is Nou”, beloof sy om die winterkoue te verdryf met haar warm persoonlikheid en kragtige musiek.
Kapenaars kan ook uitsien na vars klanke van haar mees onlangse albums, “Coming Back To Life” en “Love is Home”. Na meer as twee dekades in die musiekbedryf, bly Nianell getrou aan haar missie: om met haar sielvolle stem en innemende teenwoordigheid elke luisteraar te inspireer en aan te raak.
Met Nianell agter die klavier en haar geliefde man, Kevin Lievaart op baskitaar, beloof Mooi om jou hart en siel te betower soos nooit van te vore nie.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
