Hierdie is ‘n lekker-luister-program vol genotvolle oomblikke uit die bekendste musiekblyspele.

Andrew Lloyd Webber, onder andere, het oor die jare meesleurende musiek vir hierdie genre gekomponeer. Die gesogte musiekteater-sangeres Lynelle Kenned (sopraan), Niël Rademan (bariton) en gevierde pianis Elna van der Merwe blaas nuwe lewe in musiek uit onder andere Phantom of the Opera, Sound of Music, Les Misrables en Cabaret. Dis hier waar teater- en klassieke musiek mekaar ontmoet.

Musical Moments is by die pas afgelope Vrystaat Kunstefees benoem vir ‘n gesogte Blinker-prys in die musiekkategorie. Elna van der Merwe die pianis van hierdie produksie is in twee van die drie genomineerdes benoem.

Musical Moments is by Die Boer Restaurant teater in Durbanville op 28 Julie om 13:30.  Kaartjies kos R165 en is beskikbaar by 021 979 1911 of  aanlyn by www.dieboer.com.

(foto: Anneska van der Spoel)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar