Ying-Shan Tseng (14) , wat blind gebore is, kon al sing voordat sy woorde en sinne kon maak en toe sy begin loop, het sy begin kinderliedjies speel op haar ouma se klawerbord. Sy neem al klavierlesse vandat sy drie is. Sy het in graad drie na die Pionierskool gekom omdat sy gehoor het daar is iets soos braillemusiek.
