Die liedjieskrywer en die lang vrou is ’n goeie kombinasie.

Stef Kruger se bekende wysies en woorde voer jou mee met ou en nuwe nostalgie. Petronel Baard se lag kan jy op ’n afstand hoor as sy een van haar “ware” stories vertel.

Petronel speel klavier en doen harmonie saam met Stef wat haar ondersteun op sy kitaar en perkussie instrumente. Hulle wissel die spoor van musiek af met ‘n gekorswel en Stef se stories wat jou sal laat krul van die lag.

Saam op die verhoog is Schalk Maas van Skallabrak-faam op kitaar, mondfluitjie en trekklavier en Altan Ungerer op baskitaar en perkussie.

Kapenaars kan hulle 31 Mei 2017 by Die Boer in Durbanville vang om 20h30.
Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by 021 979 1911.

Stef Kruger
Stef Kruger

Lewer kommentaar

Leave a Reply