Australië se super sanggroep The Ten Tenors keer binnekort terug na Suid-Afrika vir slegs twee optredes. Hul splinternuwe vertoning Nostalgica word op Saterdag 28 Maart in die Grand Arena, Kaapstad en op Vrydag 3 April in die Big Top Arena, Johannesburg aangebied.
Gehore kan gereed maak vir ‘n aand van pure luistergenot wanneer The Ten Tenors hulle manjifieke stemme inspan om skitterende verwerkings van gunsteling treffers te sing. Die vertoning sal o.a. items insluit wat bekend gemaak is deur Louis Armstrong, Frank Sinatra, Dean Martin, asook The Beatles en Queen. Die twee hoogtepunte van Nostalgica is beslis die keurspel uit die 1980’s en die rock n roll huldeblyk, wat die groep met hul aansteeklike energie aanbied. Laasgenoemde het Europese aanhangers tydens hul huidige toer op hulle voete gehad. The Ten Tenors beloof om gehore weereens te oorrompel met hul indrukwekkende sang en gebruiklike sjarme in ‘n vertoning van topklas vermaak.
The Ten Tenors se vertonings vind plaas in die Grand Arena by GrandWest Casino in Kaapstad op Saterdag 28 Maart en in die Big Top Arena by Carnival City Casino in Johannesburg op Vrydag 3 April. Bespreek nou by Computicket. Tel. 083 915 8000 of besoek www.computicket.com.

