Die moeilikheid met die Dalai Lama

 

Wêrelwyd basuin die hoofopskrifte dit uit: Suid-Afrika weier dat die Dalai Lama ‘n vredeskongres in die land bywoon.

‘n Regeringswoordvoerder, Ronnie Mamoepa, stel dit Sondag duidelik dat Suid-Afrika onder geen druk was van China om ‘n visa aan die Dalai Lama te weier nie. Hy beweer ook dat daar geen kommunikasie tussen die twee lande was oor die onderwerp nie.

China maak dieselfde dag by monde van Dai Bing in hulle Suid-Afrikaanse ambassade bekend dat hulle die Suid-Afrikaanse regering gevra het om toegang aan die Dalai Lama te weier.

Maandag verander die Suid-Afrikaanse regering se storie dat hulle nie die China wou ontstel met ‘n besoek van die Dalai Lama nie.

Vandag, Dinsdag, bied president Kgalema Motlanthe se woordvoerder Thabo Masebe ‘n nuwe storie aan: Suid-Afrika wou nie die fokus van 2010 se sokker wêreldbeker verskuif na Tibet nie. “Ons wou die fokus op Suid-Afrika hou.” Volgens Masebe sal die storie binnekort “verdwyn”.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar