Myos Ensemble – oud en nuut

Mareli Stolp, Daniel Prozesky en Wim van Schalkwyk keer na suksesvolle optredes by 2009 se Klein Karoo Nasionale Kunstefees terug na Oudtshoorn met werke uit vervloë dae, en musiek wat splinternuut en spesiaal vir hulle geskryf is.

Op die program is werke deur Beethoven, Bruch, D’Indy, en Twee Items deur jong Suid-Afrikaner Braam du Toit, spesiaal vir Myos gekomponeer en in 2008 vir die eerste keer uitgevoer.

Met: Mareli Stolp (klavier), Daniel Prozesky (klarinet), Wim van Schalkwyk (tjello)

75 min * R65 * Neelsie * 14 Augustus 20:00 * 15 Augustus * 12:00

Klein Karoo Klassique 2009

Lewer kommentaar

Leave a Reply