Namibsroos en Kambroo

Twee spruite van semi-woestyn gebiede is saam by die Gariepfees te sien.

Die ooreenkomste tussen Juanita du Plessis en Theuns Jordaan is opvallend: Beide besef eers ná skool: “Ek kan sing!” Vir beide ‘n klein begin – eers kruip voor jy loop – speel eers in dansklubs en restaurante. In 2000 – by die KKNK kom hul deurbraak. Van daar groei hulle na twee van Suid-Afrika se mees suksesvolle kunstenaars in die mark met gesamentlike verkope van 1 200 000 eenhede.

In hierdie produksie doen elkeen sy eie ding, maar die groot trekpleister is duette: 9 duette, waar die twee stemme mekaar komplimenteer.

Treffers soos “Bring jou Hart”, spesiaal geskryf deur Juanita, vir die vertoning, “Blou”, “Namibsroos”, “Vier Seisoene”, “Skipskop” en “My best friend”. Voeg daarby elkeen se treffers soos “Laslapppie Medley”, “Skarumba”, “Lepellê” en “Soos bloed”.

Gariepfees / Gariep Kunstefees 2009

Tabernakel: Donderdag, 3 Sept om 20:00; R150/ R120/ R100/ R80

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar