Multi-platinum verkoper, Nicholis Louw (bekend vir liedjies soos “Ek wil my Baby hê vanaand”, “Maia Hee”, “Rock daai Lyfie”, en meer onlangs “Coco Pops en Kaas”), tree 14 Desember 2023, by Die Boer, in Durbanville op. Al sy grootste treffers van die afgelope 20 jaar, insluitend sy 3 nuwe treffers van die afgelope jaar, gaan as deel van hierdie vertonings opgevoer word. En in lig van die feesgety, sal daar ook kersliedjies gesing word. Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by https://dieboer.com/event/YKM/booking

