Ouer, gryser, wyser, beter … terug na die pandemie en reg vir nog!
Die rebelle van a capella vermaak jou weer met ‘n produksie propvol treffers … elk verwerk op die unieke Navi Redd manier. Geen “back-tracks”, geen musiekinstrumente! ‘n Mengsel van stem, klank, humor en energie.
12, 13 Mei om 20:30 en Moedersdag, Sondag 14 Mei om 14:00 by Die Boer teater restaurant in Durbanville. Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com