Not Only Angels

Die vyf vroue van Cutt Glass maak nie net hemelse a capella musiek nie – hulle is ook pittig, prettig en geesdriftig. Dit kom duidelik na vore in hulle CD, Not Only Angels.

Daar is ‘n paar Kersfeesliedjies op die album, maar dis ‘n CD wat mens regdeur die jaar kan speel. Van hulle treffers soos “Hoe ek voel”, is ook op die CD ingesluit.

Die onderskeie musikale talente van Annatjie Davel, Shireen Holler, Karen Meiring, Bondina Osterhoff en Jolette Odendaal is alom bekend en hulle smee dit gewoonlik saam vir die meesleurende klank van Cutt Glass, maar op dié album spog hulle ook met wat hulle indiwidueel met hulle stemme kan doen op nommers soos “Rhythm” en “Ladida”.

Cutt Glass is in 1996 al beoordeel as die beste vokale groep in Afrika tydens die Concorius Pan African Musique et de Arts. Verlede jaar het hulle 101 optredes ingeryg wat bewys hoe gewild hulle is.

Enige liefhebber van Afrikaanse musiek of stemme in harmonie behoort minstens een Cutt Glass CD in sy of haar versameling te hê. Not Only Angels is ‘n goeie keuse.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar