NUWE JAAR met De Kompanje / NEW YEAR with De Kompanje

‘n 55 stuk koperblaas orkes van België sal die gehoor tot diep in die nuwe jaar laat dans.

Hierdie vertoning is ‘n gesonde inspuiting om 2012 met entoesiasme en energie mee te begin. Nie alleen sal die grootte van die orkes betowerend wees nie, die keuse van musiekgunstelinge soos “Blame it on the Boogie”, “River Deep Mountain High”, “Don’t stop me now” en “Auld Lang Syne”. Oud en jonk kan maar weer hulle dansskoene uithaal en afstof.

Hier gaan ons langarm, jive, skoffel en lekker vastrap. Jou voete sal jeuk sommer tot diep in die nuwe jaar. ‘n Gaskunstenaar sal die gehoor verder vermaak terwyl die orkes van tyd tot tyd ‘n “blaas” kans vat.

Kontak die Oude Libertas kaartjieskantoor (021 809 7380) vir meer inligting en bespreking van piekniekmandjies of ’n plek in die restaurant – Besprekings slegs oop 31 Des.

Dirigent: Hendrik Sarens

Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch
31 Desember
Prys: R130 / R140 / R160 (gras: volwassenes R50, kinders o/12 R30)
Tyd: 20h15
Duur: tot 1 Jan 2012 om 00h30.

De Kompanje
De Kompanje

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply