Gesoute sangeres, liedjieskrywer en verhoogpersoonlikheid, Nadine Blom, skuif eersdaags agter die klavier in by Die Boer Teater Restaurant om 20 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf te kom vier met haar akoestiese vertoning, Nuwe Liefde. Dis ‘n “volsirkel-oomblik”-gevoel vir haar aangesien dit is hoe sy haar loopbaan afgeskop het destyds. Dit is ook waar sy op haar gelukkigste is – agter die klavier.
Verse, fantasie, die liefde, mense en hul dinge en meerminne is van die tema’s wat vervleg in Nadine Blom se vertoning Nuwe Liefde, wat 20 Februarie op die planke is by Die Boer Teater Restaurant.
Die sukses van haar onlangse trefferlied, “Nuwe Liefde”, wat sy ook gaan kom sing tydens haar vertoning, spreek vanself. “Ek het baie lank gewag voor ek nuwe materiaal uitreik omdat ek wou seker maak ek bring kwaliteit na die tafel toe en dat dit musiek is wat vol lig en sprankel is, iets wat ons baie nodig het in Suid-Afrika op die oomblik. Nuwe liefde het die Radiotreffers parades die laaste drie maande ‘n uitklophou gegee met nommer een plekke op onder andere Bok Radio, Radio Jakaranda, Afrikaanse Treffers en talle ander stasies en word daagliks gespeel deur stasies soos RSG, OFM, en talle gemeenskapsradiostasies)
“Nuwe Liefde se lirieke en boodskap is ‘n credo van vars hoop en ‘n blink toekoms. ” Die lirieke spoor mens aan om gesonde besluite te neem vir jouself, goeie keuses te maak, die mooi in jou te leer raaksien en van jou sparkle te deel met ‘n wereld wat dit baie nodig het, sê die rooikop-sangeres.Nadine, wat besluit het dit is tyd om vir haar getroue ondersteuners dankie te sê vir 20 jaar met hierdie splinternuwe vrystelling wat hoop bring. Nadine beskryf die genre van die liedjie as “sparkle pop”.
“Nuwe Liefde” is geskryf deur mede musikante Janie Bay, Hunter Kennedy van Heuwels Fantasties-faam, asook Nadine self.
Dis my wens dat die lig in my musiek na ander mense toe oorspoel en dat my gehoor verkwik en herlaai sal voel na my vertoning. “Om gelukkig te wees is ‘n keuse wat begin by dankbaarheid vir wat ‘n mens het. Hoop is nie iets wat in die verlede gevind kan word nie, maar in die hede en in die toekoms. Daarom is dit waar jou fokus moet wees,” verduidelik
Sedert sy twee dekades op die musiektoneel verskyn het, het sy deurlopend nasionaal steeds opgetree en is ook reeds ‘n jaar lank een van die aanbieders by Bok Radio.
By Die Boer restaurant teater in Durbanville op 20 Feb om 20:30. Kaartjies kos R160 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

