Die jaarlikse Off the Grid Music Festival vind op 17 Maart 2018 plaas in Camphill Village, 40 km vanaf Kaapstad op die Weskus.

’n Rits uiteenlopende musikante sal by die fees optree. Jy sien nie normaalweg ’n junior ensemble van blaasinstrumente van die Kaapse Filharmoniese Orkes by ’n fees nie.

Nog goeie musiek kom van die Bootleggers Blues Band, gevolg deur ’n groot gunsteling by feeste, The Steezies. Minder bekend is die Stone Jets, maar baie bekend is die Radio Kalahari Orkes. The Kiffness sal die groot getalle trek.

Kaartjies wissel van R110 vir die jeug tot R220 vir volwassenes. Kinder onder 12 jaar kan dit gratis bywoon.

Kry jou kaartjies by https://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1472599829 of uitgesoekte Pick ’n Pay’s.

The Kiffness
The Kiffness

Lewer kommentaar

Leave a Reply