Die Duits-Russiese pianis Olga Scheps is een van die hoogtepunte op vanjaar se program by die Johannesburg Internasionale Mozart Fees.

Die gehoor kan uitsien na Schubert se Wanderer Fantasy en Tchaikovsky se Nutcracker Suite. Florian Uhlig sluit by haar aan vir Schubert se Fantasia in F minor vir vier hande, sowel as Ravel se Ma mère l’Oye.

Die Johannesburg Internasionale Mozart Fees vind plaas vanaf 26 Januarie tot 4 Februarie 2018.

Die program sluit ook in die Belgiese pianiste Jolente de Maeyer en Nikolaas Kende, die Italiaanse pianiste Eleonora Spina en Michele Benignetti, Suid-Afrika se Charl du Plessis Trio, werk van die komponis Paul Hanmer en The Recycled Magic Flute onder regie van Magdalene Minnaar, met José Dias op klavier.

Richard Cock sal ook ’n paar keer sy stokkie swaai.

Die volledige program is by http://www.join-mozart-festival.org/programme-2018/schedule-of-events/

Lewer kommentaar

Leave a Reply