Coenie de Villiers keer terug na die verhoog met ‘n nuwe vertoning, Op ‘n Eiland.

“Daar is liedjies in die vertoning wat ek vir die eerste keer uitvoer, maar die lekkerste deel van die nuwe program is dat ek en die gehoor saam op reis gaan,” vertel hy.

Kitaar-maestro Mauritz Lotz sluit by hom op die verhoog aan. De Villiers se vertoning vertel die stories-agter-die stories van sy jare op Ciprus en sluit ook van die liedere in wat hy op dié eiland en in Griekeland geskep en opgeneem het.

“Daar is ook ander reisverhale wat ek deur middel van my musiek vertel. Om te reis is vir my ‘n inspirasie en dís wat ek met die gehoor wil deel.”

By Die Boer teater restaurant in Durbanville 17-19 Sept om 20h30. Kaartjies kos R230 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Coenie de Villiers 2024
Coenie de Villiers

Lewer kommentaar

Leave a Reply