Die Tulbagh-skou is die oudste deurlopende skou in Suid-Afrika. Die skou is vanjaar 152 jaar oud.
Dis landbou-georiënteerd met die hoof byeenkoms die perdekampioenskappe en die nasionale Friesperdkampioenskappe as die hoogtepunt. Hulle het ook ‘n pluimvee saal sowel as ‘n veldblomme saal, wat pragtig is … en talle stalletjies. Vanjaar bied hulle ook ’n Jeugskou aan.
Daar is ’n baie gewilde steak-aand die Vrydagaand met Desmond Wells wat sy 80’s show gaan kom doen. Nic Stevens kom Saterdagaand aan die beurt.
Die fees vind plaas van 19 September tot 22 September 2024.
Die toegang is Donderdag R30 per volwassene en R10 per kind.
Vrydag is dit R40 per volwassene en R10 per kind.
Saterdag is dit R60 per volwassene en R10 per kind. Pensionarisse betaal slegs R40.
Sondag is dit R20.
Daar is ’n opsie om eenmalige toegang vir al vier dae te koop teen R120.
Die Skougronde is in Van der Stelstraat, Tulbagh, net langs die Kliprivierpark.
Kontak gerus tulbaghskou@gmail.com of 023 2300189 of 0767020212.
