Drie opkomende sterre, aldrie vorige deelnemers aan die jaarlikse Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK), insluitend die 2015 algehele pryswenner en goue medaljehouer, span kragte saam om klassieke musiekliefhebbers op Sondag 31 Maart by die Hermanus burgersentrum te betower.

Hulle tree op by die derde Jong Kunstenaarskonsertreeks, aangebied deur die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS) en Overberg Kunste. Die laasgenoemde is een van die borge van die NJMK.

Die drie soliste is Sakhile Humbane, ‘n honneurs BMus Uitvoering student van die Suid-Afrikaanse Musiekkollege van die Universiteit van Kaapstad (UK), 16-jarige pianis Gerhard Joubert, ‘n leerder by Jan van Riebeeck Hoërskool in Kaapstad en Seiren Wi, wie in 2010 die prys vir die mees-belowende algehele deelnemer wie nie ‘n finalis was nie van die NJMK.

Die oorweldigende terugvoering van die tweede konsert, slegs ses weke gelede, het Overberg Kunste aangepor om die NJMF te vra om meer van Suid-Afrika se ontluikende sterre na die kusdorp te bring.

“Die NJMK, nou in sy 35ste jaar, trek jaarliks die room van klassieke instrmentaliste tussen die ouderdomme van 14 en 19 om mee te ding vir kontantpryse van R145 000 en die gesogte medaljes. Vanjaar se kompetisie vind van 8 tot 12 Oktober by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow, Kaapstad plaas,” sê Michael Maas, Voorsitter van die NJMS.

Die program vir dié derde konsert sluit werke van bekende komponiste soos Haydn, Bach, Taffanel en Reineke’s se geliefde loved Undine Sonata vir fluit en klavier in.

Sakhile, afkomstig van from KwaMashu in Durban in KwaZulu-Natal, het op die ouderdom van agt jaar begin om fluit te speel. Behalwe dat hy by die 2015 NJMK met die louere weggestap het, het hy verlede jaar na Dubai gereis waar hy die eerste prys vir die Afrika en Midde-Ooste East kategorie van die Yamaha Musiek Golf Studiebeurskompetisie gewen het.

Hy word begelei deur sy mede honneurs musiekstudent Seiren Wi, wie haar klavierlesse in Korea begin het. Tans studeer  klavier onder prof Francois du Toit by die UK, sy was ook lid van die skadujurie by die 2017 NJMK.

Prof Du Toit is ook die leermeester van pianis Gerhard Joubert, die jonste van die drie spelers en ‘n boorling van Stellenbosch. Sedert sy tyd met die Drakensberg Seunskoor tussen 2011 en 2014, het hy veelvuldige akademiese en musiek pryse verower. By die 2018 NJMK, was hy die naaswenner in die klavierkategorie en het hy ook die Pauline Nossel-prys vir die beste uitvoering van ‘n klassieke werk deur ‘n pianis gewen.

Die soektog vir die 2019 sterre is in volle gang. ‘n Maksimum van 25 instrumentaliste sal gekies word in vanjaar se kompetisie. Inskrywingsvorms en die reëls vir die 2019 wedstryd is beskikbaar op die NJMK webtuiste bt www.nymc.co.za.

“Met dié konserte volvoer die HJMS sy missie on plaaslike klassieke talent te identifiseer, bloot te stel en te ontwikkel,” sê Maas.

Sakhile Humbane

Lewer kommentaar

Leave a Reply