Jannie du Toit se produksie Oppiekitaar word vir die eerste keer by ‘n kunstefees aangebied wanneer hy tydens Aardklop op sy geliefde Breedlove-kitaar musiek gaan maak. Oppiekitaar het verlede jaar in ‘n volgepakte Atterburyteater met die ondersteuning van Pretoria FM gedebuteer en Jannie het sedertdien wyd met die program getoer.

Dié deurwinterde liedjiemaker en sanger maak in Oppiekitaar musiek soos die luisterpubliek hom in die sewentigerjare vir die eerste keer leer ken het – net met sy kitaar. Hy het met sy eerste liedjies reeds gehore bekoor, en nou sing hy ‘n keur uit die talle wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het. Hy vertel van sy lewe as liedjieskrywer en sanger, deel stories oor sy passie vir taal en musiek, oor wêreldwye toere en sy musiekvriende. Hy sing sy verrassend wye verskeidenheid van liedjies waarin nostalgie, humor en romantiek, maar veral opgewondenheid oor dinge wat hom inspireer, afgewissel word. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos ‘n Liedjie vir jou van 1978 reeds bewys het, lê sy woorde en wysies uitstekend op die ore van almal wat lief is vir musiek.

Oppiekitaar word om 19h00 op Vrydag 27 September en om 15h00 op Saterdag 28 September by Laerskool Mooirivier aangebied.

Jannie du Toit 2023 Carolyn Gregorowski Photography
Jannie du Toit, 2023, foto: Carolyn Gregorowski Photography

Lewer kommentaar

Leave a Reply