Die lo-fi Wellingtonse orkes OrWellington is weer aan die woeker met lewendige optredes. Hulle tree op saam met die gewilde The Buckfever Undergroud, met onder andere Toast Coetzer, reisjoernaal skrywer van Weg en gepubliseerde digter, wat oudergewoonte die tone sal laat krul.
Beide groepe werk met ‘n digterlike aanslag en vertel stories in hul lirieke oor die geslag net duskant die sogenaamde ‘millennials’.
Kaartjies kos weer, soos in 2009 toe The Buckfever Underground in Wellington was, net R50 per persoon!
8 Desember 2017
Die Bôrdienghuis, Burgerstraat 14, Wellington
20h00