Donkerbaai met hul eerste enkelsnit “Ouer Maar nie Wyser nie” – ’n lied oor die raakpunte van liefde, verhoudings, en die onvermydelikheid van ouer word sonder die waarborg van wysheid. Die lirieke vang die realiteit van ’n verhouding vas: die stilte tussen twee mense wat al hoe minder praat, die gevoel dat die ander in ’n taal leef wat jy nie verstaan nie, en die vlamme wat soms kouer raak. Tog, ten spyte van die afstand, loop julle steeds saam – trap julle ál dieper in mekaar se spore en sing saam, al is dit soms die verkeerde lirieke.

Donkerbaai is nie ’n regte dorp op die kaart nie – maar jy was al daar. Dis die vakansie dorp aan die Weskus waar jy jou Desember spandeer, die plek waar jy vriende maak in die strate, en jou liefde op die strand ontmoet. Dis laat aande op die houthuisie se stoep, langs die vuur, met ‘n bier in jou hand. Dis die vroeë oggende se stilte terwyl die branders oor die wit sand breek, en die laat middae se stap langs die kuslyn. Dis kuier saam, dis vergeet van jou probleme.

’n Klank wat positief, ontspanne en eg is. Hulle musiek roep herinneringe op van seevakansies en tydlose oomblikke, maar is gelyktydig eerlik oor die uitdagings van grootword, verhoudings, en die vrae wat onbeantwoord bly.

Donkerbaai - Foto deur Renier van Heerden
Donkerbaai – Foto deur Renier van Heerden

Lewer kommentaar

Leave a Reply