Vier van Suid-Afrika se mees populêre musikante en groepe gaan op Saterdag 2 Februarie 2019 byeenkom by die pragtige Spier Amfiteater om op te tree by ʼn eksklusiewe konsert. Die samekoms van hierdie legendariese sterre beloof om die weg te baan vir ʼn onvergeetlike aand!
Die opgewekte, kontemporêre Afrika-ritmes van Freshlyground sal die grondslag lê vir ʼn aand van ongekende musikale vermaak, insluitend die poëtiese melodieë van die legendariese Anton Goosen; die enigmatiese Piet Botha en Akkedis wat in tandem optree as The Lyzyrd Kyngs, sowel as die soete klanke van Wendy Oldfield.
Die doel van die optrede is om bewusmaking te skep en fondse in te samel vir drie onmisbare Wes-Kaapse kinderliefdadigheid-organisasies: PATCH Helderberg Child Abuse Centre, Halli Trust, en Masikhule.
KAARTJIES
Onkoste: Volwassenes R200 / Kinders R100 Koop Kaartjies: Kaartjies is nou beskikbaar vir aanlyn-aankop op die Quicket-platform.
