In hierdie era van ”kits sterre”, wat net so vinnig verdwyn as wat hulle verskyn, is Piet Botha een van daardie name op wie die term “kits” nie van toepassing is nie.
Met vingers verhard deur baie kilometers oor staalsnare en ‘n stem geslyp deur jare se gebruik (en misbruik) tot ‘n besonderse instrument kan die man, wat ook the Hammer genoem word, met reg aanspraak maak op die titel van “Pionier van Suid-Afrikaanse Rock”.
Vir hierdie vertoning span Botha saam met plaaslike rockers Akkedis. Jy kan die sweet op die verhoog hoor val, die ekstra krapmerke aan die instrumente sien en die ritme van die langpad voel. En soos ’n draad wat deur die musiek vleg, is die groot stemme van die kitare.
In ‘n merkwaardige loopbaan van meer as 35 jaar, het Piet al die verhoog gedeel met ander legendes soos Deep Purple, Uriah Heep en ZZ Top. Hierdie is a seldsame geleentheid om hierdie Suid-Afrikaanse legende en sy orkes te sien.
Vir slegs een aand (5 Maart) by Die Boer restaurant teater, Durbanville. Kaartjies is R80. Bespreek by 021-979 1911.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
