Op 5 April stel Luna haar twee nuwe enkelsnitte en musiekvideos “Dis die dors” en “I’d rather be alone than alone in love” aan die publiek bekend. Beide haar nuwe Afrikaanse en Engelse albums word op 12 April aanlyn beskikbaar gestel. Ter viering van die nuwe musiek, word aanhangers uitgenooi om saam met Luna te kom vier deur na die nuwe musiek te kom luister by Drostdy Teater op Vrydag 5 April. Gehoorlede wat die Drostdy-konsert bywoon kry ook eerste opsie op die bestel van een van 200 kopieë van Luna Paige se 2 nuwe albums wat in harde kopie (USB-formaat) beskikbaar gemaak sal word. Dit sluit ook haar lirieke, ontwerpe en twee nuwe musiekvideos in.
5 April 2024
Drostdy Teater, Stellenbosch
Kaartjies by Webtickets.
