Dis somer en RAAF wil dit in die nuwe jaar vier op hulle 2024 Somer Toer!
Hulle genre kan nie beperk word tot een woord nie. Hulle lirieke vertel stories van ons diepste menswees. RAAF skop 2024 af met hulle jaarlikse somer toer. Lourens en Esté RAAF voel daar is baie om te vier. Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe Prediker album asook van die ou gunstelinge regoor die land. Met hulle verhoog vol instrumente en skatkis vol stories beloof dit om ‘n konsert te wees wat jy nie wil misloop nie …
Kom klim op die RAAF-tuig vir ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en mees beslis gaan laat partytjie – ‘n musiekervaring wat jy nie gou gaan vergeet nie!
By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 1 & 2 Feb.
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

