Die sanger-liedjieskrywer Casper Stone, wat ook ‘n praktiserende sielkundige is, het gedurende sy hoërskooljare kitaar en saksofoon begin speel en die afgelope twee dekades as deel van verskeie musiekgroepe opgetree.
Hy is bekend as een helfte van Stones & Bones, ‘n afro soul house duo wat in 2020 groot sukses op SA radio behaal het met twee snitte van hul EP “In the Name of Love”. Die enkelsnit “Desire” het die top-posisie op East Coast Radio Charts behaal en die snit “Uthando ft Halala Gumbi” het ook nommer 1 bereik op Metro FM. Hul liedjies is volgens RadioMonitor.com, reeds meer as 100 miljoen keer op SA Radiostasies gehoor.
Tydens die wêreldwye grendeltyd in 2020 het Stone bewus geraak van ‘n toenemende behoefte aan ‘n ander vorm van musikale uitdrukking. As sielkundige stel hy belang in die weerspieëling van mense se daaglikse lewens en ervarings en wil dit dan ook in sy musiek kan vaslê. Dit het uiteindelik die onderneming van sy avontuur as solo-kunstenaar tot gevolg gehad en gelei tot die vergestalting van sy debuut-EP Raw Reflections.

Stone sê: “As musikant is ‘n mens altyd besig om die uitdaging om artistieke uitdrukking te balanseer met finansiële stabiliteit. Ek is al tien jaar lank deel van hierdie eb en vloei-aksie en pas my musiek deurgaans aan na aanleidinge van die jongste tendense, maar toe voel ek iets in binne in my skuif. Ek was op soek na meer betekenisvolle musiek. Ek was aangetrokke tot folk-, indie– en ander ondergrondse stemme, en die manier waarop dit my eie veelsydige innerlike dialoog weerspieël.”
Die Raw Reflections EP handel oor die intrinsieke aard van passies; begeertes; obsessies en romantiese verhoudings. Dit flirt met lig en skaduwee en skyn die lig op Stone se onvergeetlike ontmoetings van liefde en teleurstellings.
Die eerste enkelsnit “Freak” is baie jare gelede een aand gekonseptualiseer, terwyl Stone deur die sosiale media-profiele van ‘n nuwe romantiese belangstelling geblaai het. Hoe dieper hy in die konyngat van foto’s en plasings gedartel het, hoe meer het hy ‘n fantasie opgebou van hoe dit sou wees om in haar lewe in te pas. “Freak” lewer sosiale kommentaar op die ongebalanseerde romantiek wat opduik in die era van tegnologie.
Stone verduidelik: “Ons identifiseer aanlyn te veel met avatars van mekaar. Die ontstellende neiging is om verder te gaan as slegs die verbruik van inhoud, en om die privaatheid van die persoon wat mens op fokus te benadeel. Vir die obsessiewe persoon word hierdie bekruip-aksie ‘n doodgewone virtuele aktiwiteit. Mense vind hulself dus die teikens van ongewenste aandag. Die laaste helfte van die lied herinner die luisteraar daaraan dat daar baie ander vorme van intimiteit is wat verwaarloos word in ‘n samelewing wat blyk om deurlopend seksbehep te wees.”
Die “Freak” -video is as buiteopname verfilm en die regie is behartig deur Sean Mongie van Metronome Pictures. Stone sê: “Ons wou ‘n video skep wat speels is, maar tog die toeskouer iets laat oorweeg in terme van die sosiale dilemma van virtuele obsessie.”
Die liedjie “100 jaar” is ‘n apokaliptiese liefdeslied wat Stone vir sy ander helfte geskryf het. Hy sê: “Ek is gelukkig dat ek my lewensmaat gevind het. Die lied spreek tot die feit dat een leeftyd nie genoeg is om die dieptes van ware liefde te ondersoek nie.”
Die 5-snit EP bevat ook een Afrikaanse liedjie. Stone verduidelik: “Aangesien die EP ‘n terugkeer is na my innerlike stem en na my wortels, was dit ook belangrik om in Afrikaans te skryf, aangesien dit nog steeds my moedertaal is. Ek glo dit is ‘n baie poëtiese taal en wou dit so aan luisteraars bekendstel.”
Raw Reflections EP Speellys:
1. Freak
2. Safia
3. 100 Years
4. Mis Jou Nie
5. Winter Is Coming
Stroom die EP hier: li.sten.to/CasperStone
