Refentse en Julanie J vertrek die 16de September 2024 na Switzerland om daar 3 vertonings te hou.  NueLight, die bekende Musiek Produksiemaatskappy het hande geneem met ‘n Switserse NGO, Scatterlings,  om ‘n uitruil program in werking te sit.  Die eerste hiervan is Refentse en Julanie J wat optree saam met die Suid-Afrikaans gebore Anne-Marie Van Eeden, woonagtig in Switzerland om die expats en Switsers ‘n smakie van Afrika te gee.  Die drie kunstenaars sal dus nie net Afrikaans sing, maar medleys uit Afrika soos ‘n Freshly Ground en Johnny Clegg medley en dan bekende covers soos Lisa se klavier, Halala Afrika, Give me Hope Johanna en ook hul eie musiek.

Die eerste vertoning is by die Bulls Bar, ‘n Suid Afrikaanse Pub in Montreux, die Franse kant van Switserland waar die beroemde Freddie Mercury ook gebly het en die wêreldbekende Montreux jazz Festival elke jaar aangebied word.  Hier sal Julanie J sing met Refentse wat haar begelei op kitaar en dit gaan gepaard gaan met boerewors en ander lekker Suid-Afrikaanse geregte vir die aand.

Die tweede vertoning is meer formeel met ook ‘n vleuelklavier waarop Anne-Marie (‘n befaamde pianis haarself) deel van die begeleiding sal doen.  Refentse en Julanie J sal hier ook drie duette saamdoen.

Die derde vertoning gebeur in Monterod waar die die kunstenaars nie net self sal sing nie, maar al drie gaan saamtrek om Suid-Afrika op die verhoog neer te sit.

Julita Kok van NueLight sal die kunstenaars vergesel en hoop om verdere bande met Switzerland te verstewig.  Wat ‘n absolute wenner is, is dat SAMPRA (South African Music Performance Rights Association), hande vat met NueLight om hierdie nuwe uitruil van kunstenaars moontlik te maak.  Beide wil graag sien dat dit ‘n jaarlikse instelling word en SAMPRA is opgewonde om te sien wat hieruit gebore word.  NueLight en al 3 die kunstenaars is SAMPRA lede dan ook.  Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar SAMPRA toon dat hy glo in sy kunstenaars.

Lewer kommentaar

Leave a Reply