Nicholis Louw – Afrikaans se opwindendste popsensasie in jare! En veelsydig is die mannetjie beslis – hy blink uit in polspop, poprock en smeul in romantiese ballades.
En nou kry sy bewonderaars ‘n splinternuwe trefferalbum: Rock Daai Lyfie (met 19 snitte) – ontwikkel uit ‘n elektroniese selfoonluitoon nogal!
Op dié album bied hy gewilde stoompop, aggressiewer poprock en sy eiesoortige interpretasies van immergroen musikale juwele. Die album bevat ook vier bonussnitte. Dit is Nicholas Louw soos hy hom nog nooit voorheen gehoor het nie! Komaan … Rock daai lyfie!
Rock Daai Lyfie
Dis net ek en jy
Jy Jy Jy
Purple Rain
Mamma – met Kurt Darren
Ek wil jou…
Sit die lig aan
Is dit nog baie seer?
Cry to me
Wicked Game
Sê my
Baby Jy’s myne
Boy oh Boy
Kiss me
Elvis Medley:Can’t help falling in love/Love me tender/Crying in the Chapel
