Passiflora edulis
Die grenadella sal in enige grond groei wat goed dreineer. Moet nie die grond om die plant bewerk nie. Gooi eenvoudig kompos om die plant. Aan die begin van Mei en einde Augustus strooi jy 120 g 3:1:5 om die wortelarea.
Die pers grenadella wat algemeen voorkom in Suid-Afrika hou nie van ryp nie. Volwasse plante kan wel ligte ryp weerstaan.
Dit is ‘n rankplant en het een of ander stut van 2 meter hoog nodig.
Grenadellas van 5 tot 18 maande neem om vrug te dra. Die tydperk hang af van die soort en die weerstoestande, maar hulle ontwikkel gewoonlik vrugte binne ‘n jaar. Dit help om grenadellas in die lente te plant, dan kan die plant in die warm toestande ontwikkel en beter bestand is teen die aanslae van die koeler maande.
Snoei die plant wanneer dit klaar gedra het. Sny die takke terug tot omtrent 60 cm van die grond af. Verwyder enige dooie of besmette hout.

Verlede jaar grenadellas geplant. Welig gerank, baie. Gedurende Maart terug gesnoei. Die jaar het ons hier op Hermanus baie reën gehad. Dit wil voorkom as of die grins sukkel. Kleur lyk nog goed maar nog niks gerank. Is daar iets verkeerd of is ek te haastig?
Is geen kenner nie, maar ek weet grenadellas hou nie van te veel water nie. Hoe goed dreineer die grond? Miskien moet jy hulle kans gee.
Laetitia, Ek wil graag weet of grenadellas in die noord kaap soos Kimberley sal aard en wannneer om te plant
Ek is op soek na guavadella plantjies. Ek woon in Pretoria. Kan Iemand help? Epos my by rapula@vodamail.co.za asb.
Ek sou dink mens kan grenadellas enige tyd van die jaar buiten die winter plant in die Noord-Kaap.
ANNONYMOUS – EK WOON IN PREETOTIA EN HET N GUAVADILLA WAT VOL VRUGTE IS. MOET NET RYPWORD OM SAAD TE KAN GEE.
menere,
ek wil 10 ha onder grenadellas plan – wat is die te verwaqgte inset koste en die die verwagte inkomste ?
ek is noord van Pretoria – goeie grond en baie water
Hoekom is grenadelas suur was eers soet
hi wil net graag weet hoekom grenadelas net blom en nie vrugte gee nie. wat doen ons verkeerd. die ranke groei welig en dig.
Oor die algemeen is daar twee goed wat dit veroorsaak. Die plant is te droog, of bestuiwing vind nie plaas nie. Ek sou laasgenoemde ondersoek.
Hi, ek het 'n grenadella in 'n pot geplant. Groei & rank goed, baie blare maar het nog net een gren gedra, wat groen bly. Wat kan ek doen om meer vrugte te kry en word dit aan die plant ryp of eers as jy dit gepluk het?
Kry jou plant blomme? Kry dit voldoende bemesting 3:1:5? Hou ook die grond om die plant bedek met kompos. Mens pluk die vrugte as dit pers raak.
Kan daar n steggie van die plant gemaak word of is pitte saai die enigste opsie?
Saad is maar die beste, as jy nie 'n plantjie iewers kan koop nie.
Hoeveel son moet die grenadellaplant per dag kry?
My grenadella groei en rank baie welig, maar dit dra of blom gladnie. Waar kan die fout lê??
My grenadella groei baie welig maar dit blom gladnie. Wat kan fout wees.
My grenadella groei en rank baie welig en blom maar die vrugte bly groen word glad nie ryp. Dit is nou al tweede seisoen.
Ons grenadela dra nie vrugte nie en sy blare val af hy is in n pot geplant
Ons grenadella wil gee vrugte dra nie en hy gooi sy blare af hy is in n pot geplant het u raad vir ons asb dankie
Ek sal graag 25kg granadella pulp onversoet elke week by jou koop.
Het jy toe geplant ?? Sal waardeer as jy my kan laat weet
Groete Maryna – shopmark1@mweb.co.za
Wat is fout as plant mooi groei maar geen blomme kry nie. Moet daar miskien n manlike en vroulike plant wees of word dit net bestuif?
ek wil graag weet hoe maak ek steggies van n grenadella plant
Grenadella bitter mooi groen en gesond maar geen blomme. Sowat 2jaar oud. Wat kan ek doen.
Sommige v my grindella se blomme verdor en val net af. Woon in d Weskus.
Hoekom val blomme v grinedella net af sonder vrug agterna?
Wanneer word die guavadilla ryp myne is vol vrugte maar word nie ryp nie.
Ek het n takkie in water gesit so 30cm lank in vensterbank tot dit wortels gemaak het en geplant en 8 mense later is hy vol vrugte.
My grun kry baie blomme en word bestuif van die een blom na die ander blom van dieselfde grun plant. Daarna val die blomme af. Nog geen vrug gekry nie.
Baie grenadellas maar hulle bly groen Hoekom word hulle nie ryp nie
Goeiemôre. Ek woon ook in Pretoria en wil hoor of jy al saad femaak het. Ek stel baie belang en sal by jou graag wil koop asb. Gerna@plotnet.net
Ons grin maak knoppies
Ons het dieselfde probleem in Piet Retief vol vrugte maar word nie ryp nie
Kan n mens grinidelas suksesvol vries?
Ja jy kan . Ons het nou al vir amper 2 jaae in die vrieskas en dit proe nog goed .
EK WOON IN BELLVILLE BAIE MOOI GRANADILA PLANT GROEI WELIG MIN BLOMME EN DIE MOOI BLOMME WORD DROOG EN VAL AF ?
VRAAG 2 KAN EK SELF BESTUIWING TOE PAS PER KWAS. ONS HET NIE BYE NIE. RONDSLAPERS VREET ALLES OP. !