Hierdie is ‘n uitstekende projek om saam met die kinders te doen. Al wat jy nodig het is ‘n klein glasflessie met ‘n deksel, skoenlapperkos* en watte.
Maak ‘n klein gaatjie in die deksel.
Maak die fles vol met die kos*.
Draai die deksel styf vas op die fles en druk ‘n stukkie watte in die gaatjie.
Hang die fles onderstebo in jou tuin.
Dis so maklik soos dit! Jy sal dalk jou fles wil decoupage of verf. Skoenlappers spoor hulle kos op deur sig. So hoe meer jou fles soos ‘n blom lyk hoe beter kans het jy om die skoenlappers na jou tuin te lok. Dit sal ook help indien jy “blomblare” vir jou fles uit materiaal of plastiek knip.
* Om skoenlapperkos te maak los jy een deel suiker op in nege dele water. Dit is nie nodig vir enige kleursel of ander bymiddel nie.

