Charl van Heyningen

Charl van Heyningen, ‘n Helderberg-inwoner wat geen bekendstelling op die nasionale verhoog nodig het nie, se eerste geestelike CD – You’ll never walk alone is onlangs vrygestel. Vars verwerkings van tydlose treffers soos “Amazing Grace”, “The Holy City”, “Glory Hallelujah” en “Die Onse Vader”, is onder meer opgeneem. Charl het reeds drie baie suksesvolle CD’s op die mark waarvoor hy verskeie toekennings ontvang het waaronder Maskers (sy eerste album, vrygestel in 1998 waarvoor hy ‘n FNB Sama toekenning vir beste manlike kunstenaar ontvang het) en Life is Beautiful/La Vita e Bella uitgereik in Junie 2001 en genomineer vir 2 Geraas Musiek Toekennings. Die gelyknamige vertonings is ook vir ‘n FNB Vita toekenning genomineer. In Mei 2000, span hy kragte met Ian Von Memerty vir All for Love, sy eerste solo kabaret. Charl is ook akteur en word onthou vir sy vertolkings in die reekse Wolwedans in die Skemer en Die Losprys.

Lewer kommentaar

Leave a Reply