Slakke


* Sit ‘n tou wat in Jeyes Fluid gedoop is om jou plante. (Alan)

* Ek het ‘n spuitbottel met sterk aangemaakte sout-water. Wanneer ek ‘n klomp slakke sien wat weer skade aanrig, spuit ek hulle direk met die sout-water. Dit maak hulle onmiddelik dood. Natuurlik moet mens ook slakke in die tuin hê, maar wanneer dit plaag-proporsies aanneem, verkies ek om dit stuk-stuk te beheer. (Annamarie Nolte)

* Maak ‘n leë lemoen-, nartjie of suurlemoenhelfte vol slaklokaas en sit dit in die tuin. Slakke kan die sitrusgeur nie weerstaan nie en sal die gif kom eet. (Ina)

* Vir jou potplante kan jy staalwol oor die pot se rand trek. Die slakke sal nie oor die staalwol klim nie.

* ‘n Stukkie koper kleefband om die rand van ‘n potplantbak hou slakke uit. Koperdraad wat op die grond gespan word om ‘n bedding is ook effektief. Sout werk ook maar moet na elke buitjie reën of watergeesessie vervang word. (Pieter)

* Verdrink naakslakke in jou tuin deur 5 ml droë gis te meng met 5 ml suiker en ‘n koppie warm water. Sit dit in ‘n vlak bakkie uit in die aand.

* Gooi ‘n blikkie bier (enige soort) in ‘n groot plat skottel / bak.Jou slakke nooi tot die bure se slakke. (Susan)

* Strooi growwe sout of hout-as waar slakke baie pla. (Susan)

* Hou slakke van plante weg deur eierdoppe of gebreekte skulpe rondom die plante te strooi.

* Vaseline wat rondom potte gesmeer is hou slakke weg van potplante.

* Aaspoestertjie laat weet dat sy die slakke in haar tuin vermoor met organiese lokaas wat sy strooi elke nou en dan wanneer sy natlei. Sy sê ook ons moet sorg dat die oppervlakte waaroor die ouens beweeg so grof as moontlik moet wees. Sy stel voor jy gebruik gruis, houtas op perskepitte om al jou plante. Verder noem sy dat hulle ook graag verdrink in vlak bakkies met bier.

* Tabakstof is ‘n natuurlike organiese en uiters effektiewe manier om van slakke ontslae te raak. Strooi dit om jou plante.

* Jy kan eierdoppe gebruik om slakke en snywurms te bestry.

Sommige mense kla dat die raad nie werk nie, maar dit is omdat hulle die doppe, net so uit die kombuis, in stukke breek en om die plante gooi. Dit werk beslis nie.

Draai eers die doppe en maal dit fyn voor jy dit om jou plante se stingels strooi.

Lewer kommentaar

Leave a Reply