‘n Versameling liedjies deur Valiant Swart wat die vroulike karakters besing wat sy lirieke bevolk oor ‘n loopbaan van meer as 34 jaar. Sommige melankolies, sommige jolig, ander vurig en roekeloos, baie van hulle geheimsinnig en sommige net die gewone meisie langsaan. Valiant word vergesel deur sangeres en klawerbordspeler Luna Paige, wat gehore bekoor met haar donker, smeulende stem en veelsydige talente. Sy het oor die afgelope jare meermale bygedra tot Valiant se albums as agtergrondsangeres en is ook ‘n gevierde liedjieskrywer en sangeres uit eie reg met vele solo optredes op haar kerfstok.
11 Januarie 2025 By Die Boer teater restaurant in Durbanville om 20h30
Kaartjies: R250
Bespreek by 021 979 1911/ www.dieboer.com