Rok en rol is ’n musiekproduksie wat die rol van vrouwees in die wêreld van rock & roll beskryf en vereer.

Fantastiese internasionale ikone soos Janis Joplin, Nina Simone, Tina Turner, Cyndi Lauper en plaaslike vroue soos Miriam Makeba, Brenda Fassie, Claire Johnston en Lesley Rae Dowling word gehuldig.

Mahola is een van Suid-Afrika se mees geliefde en suksesvolle vroulike sterre in die musiekwêreld. ’n Span wêreldklas-musikante pak hierdie inspirerende en roerende kragtoer aan om die storie te vertel van hoe vroue hul merk in hierdie bedryf gemaak het wat aanvanklik deur mans oorheers is.

Mahola se diverse sangtalent en aansteeklike verhoogpersoonlikheid sal niemand onaangeraak laat nie.

* Debuut *

Met: Zolani Mahola, Schalk Joubert (baskitaar), Albert Frost (kitaar) en Kevin Gibson (dromme)

Regie: Schalk Joubert

Vervaardiger: Schalk Joubert


Genre: Musiek
Taal: Afrikaans en Engels
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R140
Plek: Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
Datum: 12 April 19:00; 13 April 10:00

KKNK 2017


Rok en Rol

Zolani Mahola
Zolani Mahola

Rok en Rol


3.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply