Op 15 Oktober bring Valiant Swart sy nuwe eenmanvertoning Rondry, Fliek en die Buitelewe na die Drostdy Teater in sy ou tuisdorp, Stellenbosch.

Valiant woon sedert Desember 2018 op Onrus. Hy hou hom besig met die skryf van ‘n memoir, asook ‘n twee-weeklikse rubriek vir Netwerk 24. Daarby doen hy steeds so veel konserttoere as moontlik, ten spyte van die pandemie wat uitvoerende kunstenaars se bedrywighede so kortwiek.

Die titel van sy vertoning is ook die naam van die nuwe album waaraan hy die afgelope jaar besig is om te werk in ‘n ateljee in Pretoria. ‘n Hele aantal splinternuwe komposisies is tans in die pre-produksie fase. Heelwat daarvan word reeds op die verhoog gespeel.

​Met ‘n sterk blues- en folk- onderbou, en temas van die liefde, die langpad, en die hunkering na beter tye en verlossing, is dit vintage Valiant, met sy stories en humor, en natuurlik ook al die ou gunstelinge wat sy aanhangers die afgelope dertig jaar leer ken het.

Drostdy Teater, Stellenbosch

Vrydag, 15 Oktober 2021, 19h00

Lewer kommentaar

Leave a Reply