Die gewilde Tuin van Digters-fees, wat oor die jare gevestig is as die tuiste van die Afrikaanse digkuns in Suid-Afrika (en die wêreld!) vind op Vrydag 22 en Saterdag 23 Oktober die 10de agtereenvolgende jaar plaas. Dit word weer in samewerking met NB Uitgewers moontlik gemaak danksy ‘n ruim bydrae van die Dagbreek Trust.
Soos in 2020 sal die formaat en aanbieding van die feesitems afhang van Covid-19 regulasies en sal al die nodige vereistes streng nagekom word.
Die finale program sal die laaste week van September aangekondig word. Liefhebbers van digkuns kan uitsien na verskeie bekendstellings van nuwe bundels, voorlesings, boekuitstallings, gesprekke oor vertalings, sing van getoonsette gedigte en samesyn met digters soos nêrens elders nie.