As jy opsoek is na ware Indie-kunstenaars is Roxton met Herki se folk die ware Jakob.
Nie die tipiese sit-om-’n-vuur-en-wieg-saam folk nie. Hierdie is skud-jou-biscuit, transendentale Afrika folk.
Die band bestaan uit Josh Roxton, met die vokale vermoëns, en Herman ‘Herki’ Vercuiel, met die natuurlike ritme. Soos dit hoort, het die twee in ’n kroeg ontmoet en vandaar maak hulle mense dans op al wat ’n fees is.
Roxton met Herki is vanjaar ook deel van die White Mountain Folk Festival, 28 September – 2 Oktober 2017 by White Mountain Lodge, Giant’s Castle.

