Al vyf van die gewilde Nederlandse Polleke-boeke is nou saam in een band in Afrikaans beskikbaar!

Polleke het ’n kêrel, Mimoen. Maar sy geloof en sy kultuur maak hulle vriendskap byna onmoontlik. Polleke se pa, Spiek, loop rond en gebruik dwelms. En Polleke se onderwyser is skielik haar ma se nuwe vriend – hulle praat glad van trou …

Dit is nie maklik om opgeruimd te bly as so baie dinge skeefloop nie. Maar Polleke gooi nie sommer tou op nie. Daar is darem ook Oupa en Ouma se plaas buite die stad waar sy tot rus kan kom. Daarnatoe gaan sy graag – sy het selfs haar eie kalfie wat sy Polleke gedoop het!

Guus Kuijer het verskeie toekennings vir die Polleke-boeke ontvang, waaronder ’n Gouden Griffel, ’n Zilveren Griffel en die Woutertje Pieterse-prys. Die boeke is ook met groot sukses in Nederland verfilm.

Kuijer (1942) is ’n Nederlandse outeur wat baie bekend is vir sy Madelief-reeks vir kinders. In 2012 het hy die Astrid Lindgren-prys ontvang vir sy lewenslange bydrae tot kinder- en jeugliteratuur, en in 2008 het hy die kortlys gehaal vir die Hans Christian Andersen-prys. Die boek van alle dinge (Protea 2015) is ook in Afrikaans beskikbaar.

Die Polleke-boeke is in Afrikaans vertaal deur Martjie Bosman. Bosman debuteer in 2003 met die digbundel Landelik, waarvoor sy die Ingrid Jonker-prys ontvang en in 2010 verskyn haar tweede digbundel, Toevallige tekens. Vloeibare middelpunt verskyn in 2016.

Polleke / Guus Kuijer; vertaal deur Martjie Bosman — Tafelberg, 28 Augustus 2017; sagteband. — ISBN 9781485305910

Bettie Blom,
28 September 2017.
2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply